fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Geweld by Hoërskool Delportshoop is kommerwekkend

Die VF Plus deel die onsteltenis van die gemeenskap van Delportshoop oor die geweld wat verlede week by die Hoërskool Delportshoop (gekombineerde skool) uitgebreek het, sê dr. Wynand Boshoff, VF Plus-leier in die Noord-Kaap.

Dr. Boshoff sê luidens berigte is die oorsaak van die probleme ‘n onvoldoende vermoë by die nabygeleë dubbelmedium-hoërskool om aan die behoeftes van Afrikaanssprekende matriekleerders te voldoen.

"Dit is dit wat gebeur wanneer 'n party met die slagspreuk ‘Liberation before Education’ aan bewind kom"

 

Hy sê die enkelmedium Hoërskool Delportshoop moes daarom oor die jare reeds verskeie kere intree om 'n krisis af te weer. Vanjaar het die Noord-Kaapse onderwysdepartement na bewering die versekering gegee dat die dubbelmediumskool voldoende personeel sou hê.

“Die Hoërskool Delportshoop is nou weer op die nippertjie opdrag gegee om weer in te staan. Daar is na bewering vakke wat die skool nie aanbied nie en onsekerheid het ontstaan oor hoe om die vraagstuk te hanteer. Volgens berigte het die ‘inkomende’ leerders gewelddadig gereageer, kinders en onderwysers aangerand en bande gebrand.

“Die VF Plus veroordeel hierdie gebeure in die sterkste taal denkbaar. Dit is simptomaties van die ANC-regering wat steeds die skuld vir swak onderwys op apartheid pak, maar nie eers die mees basiese verpligtinge teenoor die gemeenskap kan nakom nie.

“Dit is dit wat gebeur wanneer 'n party met die slagspreuk ‘Liberation before Education’ aan bewind kom,” sê dr. Boshoff

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.