fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

VF Plus verwelkom optrede teen Brian Hlongwa, ANC-hoofsweep in Gautengse wetgewer

Die VF Plus in Gauteng verwelkom die ANC se aankondiging dat die hoofsweep in die Gautengse wetgewer, Brian Hlongwa, sy pos ontruim het.

Hlongwa het uit die ANC bedank weens sy betrokkenheid by verskeie korrupte aktiwiteite terwyl hy destyds die LUR van gesondheid in Gauteng was. In ‘n spesiale ondersoek-eenheidverslag word Hlongwa betrek by korrupsie van R1.2 miljard. Hierdie korrupsie het tot gevolg gehad dat die departement van gesondheid in Gauteng tot ‘n algehele stilstand gekom het en het ook gelei tot die Esidimeni-tragedie.

Philip van Staden, VF Plus-LPW in Gauteng sê die party wil dit beklemtoon dat Hlongwa se bedanking Dinsdag daarop dui dat hy wel skuldig is, maar nie daarmee gaan wegkom nie.

Die VF Plus het reeds kriminele klagtes gereed en gaan dit eersdaags by die SAPD indien vir verdere ondersoek. Die VF Plus was ook deel van opposisiepartye in die Gautengse wetgewer wat op 28 Julie 2018 ‘n mosie van wantroue teen Hlongwa ingestel het.

Hlongwa het hierdie mosie met drie stemme oorleef.

Die VF Plus het ook in Augustus 2018 saam met opposisiepartye ‘n optog buite die wetgewer teen Hlongwa en Qedani Mahlangu, voormalige LUR vir gesondheid in Gauteng, gehou.

"Ons herbevestig ons standpunt dat die party ‘n zero-toleransie het teen korrupsie en misdaad en dat die party sal toesien dat Brian Hlongwa sy straf uitdien soos wat dit hom toekom.

"Hlongwa se bedanking is nie net ‘n oorwinning vir die VF Plus en ander opposisie nie, maar ook vir mense wat weens onverklaarbare redes in hospitale en ook tydens die Esidimeni-tragedie gesterf het," sê Van Staden.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.