fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

VF Plus verwelkom MRK se intrede rondom Randfontein-besoedeling

Die VF Plus verwelkom die Menseregtekommissie (MRK) se besoek aan Randfontein om ondersoek in te stel rondom die grootskaalse probleem van onbehandelde  riool wat vanaf die suiweringswerke in die Rietspruit gepomp word en eindelik in die Hartbeespoortdam beland.

Dié onverwerkte riool vloei vir meer as ‘n dekade in die Rietspruit omdat die plaaslike suiweringswerke nie die hoë volume rou riool kan hanteer en verwerk nie.

Dié feitlik uitgediende suiweringsaanleg sal nou met die  bewilliging van R20 miljoen opgegradeer word, maar kundiges meen dit sal baie meer geld kos om dié aanleg tot sy volle kapasiteit uit te brei.

"Intussen kla inwoners van Randfontein al jare lank oor die geweldige stank wat weekliks oor die dorp hang. Boere langs die Rietspruit kan die water nie gebruik nie aangesien dit ondrinkbaar vir mens en dier geword het. Besproeiing uit die rivier is ook onmoontlik," sê Charles Brough, VF Plus-raadslid in Rand Wes-munisipaliteit.

"Die VF Plus beskou dit as ‘n positiewe verwikkeling dat die MRK ‘n sterk standpunt oor die aangeleentheid ingeneem het met sy besoek en selfs die bestuurshoofde van die munisipaliteit versoek het om aanstaande  week voor die kommissie te verskyn.

"Dit is hoog tyd dat die burgemeester verantwoordelikheid aanvaar vir die swak dienslewering aan die gemeenskap. Belastingbetalers het die reg tot basiese dienste.

"Die tyd is hier vir inwoners van Randfontein en Westonaria, wat deel uitmaak van die Rand West-munisipaliteit, om saam te staan en terug te slaan teen ‘n regering wat sy inwoners gefaal het.

"Die tyd is hier om terug te slaan teen swak dienslewering en vir die VF Plus te stem wat vooruitgang nastreef. Dit is nou of nooit," sê Brough.

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.