fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

ANC-regering red SAL maar bereid om munisipaliteite te laat sink

"Die ANC-regering is bereid om nogmaals die sukkelende Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) van ondergang red terwyl hy weier om dieselfde vir Suid-Afrika se landelike ekonomie en sy bankrot-munisipaliteite te doen," sê Wouter Wessels,VF Plus-parlementêre woordvoerder vir Finansies.

Wessels sê munisipaliteite misluk omdat hul uitstaande skuld aan Eskom toegeneem het tot R17 miljard. Agterstallige skuld aan waterrade beloop R7,4 miljard. Die ekonomie op die platteland kom tot ‘n stilstand, besighede sukkel en werkloosheid neem toe.

"Die ANC bestee eerder geld aan die beskerming van baie belangrike persone"

"Dit laat die regering oënskynlik koud, maar hy is tog bereid om die redery weereens te red. Die harde waarheid is dat Suid-Afrika se ekonomie nie groei soos die ANC die publiek wil wysmaak nie, maar dit is in ‘n skerp, afwaartse spiraal met geen einde in sig nie.

"Die begroting wat hier ter sprake is, word nie aangewend in belang van die groter publiek nie, maar dit word bloot gebruik om die meerderheid mense afhanklik te hou van die regering deur maatskaplike toelaes om die ANC aan bewind te hou.

"Die ANC bestee eerder geld aan die beskerming van baie belangrike persone, soos ANC-ministers as aan landelike ontwikkeling, munisipaliteite en infrastruktuur. Hy stel die belange van sy ministers ver bo dié van die behoeftiges.

"Ekonomiese groei kan nie plaasvind terwyl werkloosheid en armoede weens mislukte ANC-beleid ook toeneem nie. Rykdom kan nie geskep word deur bestaande rykdom bloot te herverdeel nie. Die ekonomie moet gestimuleer word, maar munisipaliteite en provinsies misluk en dit maak groei onmoontlik," sê Wessels.

"Mislukte munisipaliteite en provinsiale departemente kan op geen manier help om ekonomiese stimulusplanne uit te voer nie. Dit is onmoontlik.

"Dit is duidelik dat die ANC-regering net sy eie belange op die hart dra. Indien die belange van die inwoners van die land eerste gestel was, sou munisipaliteite se nood verlig word deur veral die Eskom-skuldlas te verlig.

"Die VF Plus sal voortgaan om terug te slaan teen wanbesteding en vir beter dienslewering."

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.