fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

VF Plus dien klagte van haatspraak en aanhitsing tot geweld in teen Andile Mngxitama ”

Die VF Plus het vandag klagte van haatspraak, aanhitsing tot geweld en aansporing om 'n misdryf naamlik moord, te pleeg, by die Potchefstroomse polisie ingedien teen Andile Mnxitama, leier van Black First Land First (BLF), ná sy dreigemente in Potchefstroom Saterdag om witmense te laat doodmaak.

Mnxitama het tydens die beweging se verkiesingsafskop vir die 2019-verkiesing by die Ikageng-stadion sy ondersteuners aangemoedig om wit mans, hul vroue, kinders en diere, dood te maak.

"Soortgelyke klagte sal ook by die Menseregtekommissie (MRK) en die Gelykheidshof ingedien word teen Mnxitama én die BLF aangesien dié party hom nog nie van sy leier se uitsprake gedistansieër het nie, "het dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier gesê kort nadat hy die klag ingedien het.

"Politieke opstokers soos Mnxitama kan nie langer toegelaat word rassehaat en geweld te verkondig sonder om tot verantwoording geroep te word nie"

 

Hy het buite die Potchefstroom-polisiestasie aan die media gesê die VF Plus sal in terme van die Wet op die Verkiesingskommissie, wat partye verbied om hulself skuldig te maak aan onaanvaarbare gedrag soos aanhitsing tot geweld, versoek dat BLF gederegistreer word as politieke party.

"Gegewe die huidige klimaat van rassepolarisasie in die land wat die ANC geskep het met rasdiskriminerende wetgewing en beleid soos onteiening sonder vergoeding, is dreigemente soos dié van Mnxitama so gevaarlik soos om vuurhoutjies in droë gras te gooi.

"Politieke opstokers soos Mnxitama kan nie langer toegelaat word rassehaat en geweld te verkondig sonder om tot verantwoording geroep te word nie. Die VF Plus sal daarom vordering met die polisie se ondersoek fyn dophou om seker te maak dat hy wel verantwoordelik gehou word vir sy kwaadwillige uitsprake.

"Die VF Plus wil help bou aan ‘n beter toekoms vir almal in Suid-Afrika, en sal  nie huiwer om in die belang van alle regdenkende Suid-Afrikaners op te tree en terug te slaan teen enigiemand wat geweld en onstabiliteit propageer nie.

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.