Kiesers in Wyk 1 in Metsimaholo (Sasolburg, Deneysville en Oranjeville) in die Vrystaat sal moontlik weer moet stem nadat verkeerde stembriewe tydens die afgelope week se verkiesing in die wyk gebruik is.
Inwoners van Metsimaholo het Woensdag die geleentheid gekry om ‘n nuwe munisipale raad te verkies nadat dit vroeër ontbind het.
“Vroeë aanduidings toon dat VF Plus die enigste party is wat tydens die Metsimaholo-verkiesing gegroei het met nagenoeg 150% meer stemme."
Wouter Wessels, VF Plus adjunk-leier in die Vrystaat, sê stembriewe van ‘n ander wyk, Wyk 19, is vir ‘n groot gedeelte van die dag gebruik.
‘n Dispuut is by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) verklaar en die uitslae van die stembriewe kon nie aanvaar word nie.
Dié wyk sal moontlik binne 7 dae weer moet stem.
Wessels sê die uitslae van die munisipaliteit se verkiesing en die setels in die munisipale raad kan nie bekendgemaak word alvorens Wyk 1 se kiesers weer stem en die proses afgehandel is nie.
"Meer kiesers het vertroue in die VF Plus se beleid en vind 'n tuiste by die VF Plus se ideal van beter dienste en regverdige spandering van munispale bronne tot voordeel van inwoners.
Wessels het VF Plus-kiesers voorlopig bedank vir hulle steun aan die VF Plus.
“Die ANC se mag in Metsimaholo is weer gebreek nadat dié party in 2016 nie ‘n volstrekte meerderheid kon kry nie.
“Vroeë aanduidings toon dat VF Plus die enigste party is wat tydens die Metsimaholo-verkiesing gegroei het met nagenoeg 150% meer stemme as in 2016,” sê Wessels.
Jan van Niekerk, leier van die VF Plus in die Vrystaat, sê die aanvanklike syfers wys dat meer kiesers vertroue het in die VF Plus beleid en 'n tuiste vind by die VF Plus se ideal van beter dienste en regverdige spandering van munispale bronne tot voordeel van inwoners.
Die uitslae van die munisipale verkiesing sal amptelik aagekondig word sodra die OVK die uitslae van die al die wyke gekonsolideer het.