fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Verdoemende verslag oor Sol Plaatje se geldsake: VF Plus wil sien dat alle partye voortaan kan bydra tot goeie regering

Die Noord-Kaapse departement vir samewerkende regering het Donderdag 'n opsomming van 'n verslag oor finansiële wangedrag aan die munisipale raad van Sol Plaatje ( Kimberley, Ritchie) bevat verdoemende bevindings.  Die VF Pus is bekommerd oor veral bevindings rakende die hoof finansiële beampte wat tans op voorkomende skorsing is. 

In die voorlegging rakende die verslag is die betalingstelsel van die munisipaliteit, veral vir buitengewone betalings, sowel as kommunikasie met inwoners, gekritiseer. Sekere kontrakte is uitgelig as geleenthede waarby onreëlmatighede voorgekom het.

Die geskorste hoof finansiële beampte is in verskeie van die bevindings genoem. Die komitee beveel aan dat dissiplinêr teen haar opgetree word, en in een geval ook 'n kriminele klag gelê word. Weens die munisipale bestuurder se status as rekenpligtige beampte moet alle optrede teen haar ook teen hom ingestel word – hy is in die finale instansie verantwoordbaar.

Kritiek is ook ingebring teen pogings om die twee senior amptenare se epos-rekenings te aktiveer terwyl hulle geskors was. Dit dui op die weerloosheid van die munisipaliteit se inligtingstelsel.

In sy reaksie het die VF Plus se provinsiale leier en raadslid in Sol Plaatje, dr. Wynand Boshoff, gesê Kimberley het sy eie stukkie staatskaping blootgelê.

"Teen dié agtergrond is dit onverstaanbaar dat Sol Plaatje slegs voorsiening maak dat die twee groot partye, die ANC en die DA, op stadsraadskomitees kan dien. Ander partye het wel sittingsreg, maar nie stemreg nie," sê Boshoff.

"Soms beskik hierdie lede egter oor spesialiteitskennis wat van groot waarde kan wees. Die VF Plus beywer hom dus vir die verandering van die stelsel, sodat elke raadslid tot goeie regering kan bydra," sê Boshoff.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.