fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Lesufi is die oorsaak dat 23 000 leerlinge in Gauteng nog nie geplaas is nie

"Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, is die oorsaak dat 23 000 leerlinge in Gauteng nog nie vir 2019 by skole geplaas is nie," sê Phillip van Staden, VF Plus-LPW in Gauteng.

Weens die versuim van die LUR om genoegsame skole in Gauteng te bou, sit die provinsie se onderwysdepartement nou in hierdie krisis.

Die VF Plus het reeds verskeie kere gemaan dat Gauteng se onderwys om hierdie rede op ‘n krisis afstuur wat nie beheer gaan kan word nie.

In 2015 het die VF Plus gewaarsku dat die tydbom besig is om te tik en dat die LUR se aandag nie by sy werk is nie. In daardie stadium het die LUR ‘n verslag ter tafel gelê wat aangedui het dat die provinsie toe slegs 2 922 skole gehad het wat 2,433,342 leerlinge moes bedien.

"Buiten die 23 000 leerlinge wat nog nie vir 2019 geplaas is nie, is daar ook nog 21 094 leerlinge wat uit die onderwysdepartement se stelsel verwyder is aangesien hulle nie die ‘tersaaklike dokumentasie ingedien het nie," se Van Staden.

Daar sal in ‘n latere stadium oorweeg word of hierdie leerlinge wel geakkommodeer kan word of nie.

Die VF Plus het verlede week gesê dat Lesufi se nuwe skoolbeleid op algehele chaos in die provinsie afstuur. Lesufi se nuwe regulasies is nog nie eens op provinsiale vlak in wetgewing vervat nie en die chaos waarteen gewaarsku is, het nou uitgebreek.

"Die VF Plus betreur die feit dat die LUR geen gevoel het vir leerlinge se opvoeding of toekoms nie en nie eens die moeite wil doen om hulle by skole geplaas te kry nie. Die VF Plus is van mening dat 21 094 leerlinge nie net sommer eenkant geskuif kan word nie en die LUR se houding teenoor hierdie leerlinge is gevoelloos.

"Lesufi kan onder geen omstandighede iemand anders vir hierdie jongste krisis die skuld gee behalwe vir homself nie. Indien hy die afgelope vyf jaar genoeg skole in die provinsie gebou het, sou hierdie krisis nie plaasgevind het nie.

In stede daarvan om sy taak as LUR doeltreffend te dryf  en die belange van kinders eerste te stel het hy sy persoonlike belange eerste gestel en sy politieke agenda op skole probeer afdwing om sy eie loopbaan te bevorder. Nou moet 44 294 leerlinge in die provinsie daaronder ly.

"Lesufi se selfbeheptheid veroorsaak groot leed en ontwrigting vir leerlinge. Dit gaan nog sy politieke ondergang beteken," sê Van Staden.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.