fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Van een probleem na ‘n ander in waterlose Brandfort

Swak beplanning in die Masiloyana-plaaslike munisipaliteit, wat Brandfort, Soutpan, Theunissen, Verkeerdevlei en Winburg bedien, is die oorsaak van die voortslepende probleem van watertekorte in Brandfort waar inwoners sedert Vrydag nie water het nie.

Nadat die VF Plus gesprekke gevoer het met die waarnemende munisipale bestuurder van Masilonyana, David Nthau, en die LUR vir samewerkende regering, Oupa Khoabane, wil dit voorkom of daar binnekort verligting vir inwoners sal wees.

"Swak finansiële bestuur is die oorsaak van die watertekort, aangesien die munisipaliteit sy rekening by Eskom vir die rouwater-onttrekkingspomp nie betaal het nie. Die munisipaliteit het die VF Plus nou die versekering gegee dat die rekening intussen wel betaal is en dat water vandag gepomp sal word," sê Koos Pienaar, VF Plus-raadslid in Masilonyana.

Pienaar sê ‘n verdere gebrek aan swak beplanning waar chemikalieë nie bestel is nie, kan egter daartoe lei dat water nie behandel kan word nie. Die VF Plus sal die situasie dophou.

"Masilonyana kan nie so voortgaan nie. Dit is onaanvaarbaar dat rekeninge wat nie betaal word nie, daartoe lei dat inwoners vir dae nie water het nie en dan weer weens ‘n gebrek aan chemikalieë moontlik weer sonder water kan wees.

"Die tyd het aangebreek dat kiesers hul stemme dik maak en saam met die VF Plus terugslaan teen die ANC se swak bestuur. Die VF Plus sal aanhou om in die raad daarop aan te dring dat inwoners se basiese regte gerespekteer word en dienste effektief gelewer word," sê Pienaar.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.