Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Talle wit onderwysers afgedank om plek te maak vir swartes by Gautengse hoërskool

Die VF Plus veroordeel ten sterkste die oënskynlik blatante rassediskriminasie van die Hoërskool Generaal Smuts in Vereeniging wat sestien wit onderwysers en administratiewe personeel afgedank het omdat die skool hulle glo “nie meer kon bekostig nie”, maar hulle kort daarna met swart personeellede vervang het.

Die afgedankte onderwysers het hulle na die KVMA gewend wat ‘n vergoedingsbevel van ses maande se salaris (R852 900.50 in totaal) toegestaan het. Die skool moet dit betaal wat ‘n groot impak sal hê op sy geldsake.

"Die VF Plus gaan ‘n ondersoek doen na verdere beweerde ongerymdhede wat die skool tans lam lê"

 

"Hierdie optrede niks anders nie as openlike rassisme teenoor wit onderwysers wat ‘n groot rol speel in die agteruitgang van onderwys regoor die land," sê Kobus Hoffman, VF Plus-onderleier in Gauteng.

"Die ANC moet onderwysers eerder deeglik oplei en behoorlik bemagtig in plaas daarvan om kundige onderwysers voor die voet af te dank weens hul kleur.

"Die VF Plus gaan ‘n ondersoek doen na verdere beweerde ongerymdhede wat die skool tans lam lê in ‘n poging om ouers te help terugveg teen ‘n stelsel wat hul kinders se toekoms benadeel," sê Hoffman.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.