Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Tussenverkiesings bevestig: VF Plus gaan van krag tot krag

"Die pas afgelope twee tussenverkiesings in Mpumalanga bevestig nou onteenseglik dat die VF Plus hom toenemend vestig as een van die swaargewigte op Suid-Afrika se politieke landskap wat ware hoop bied aan alle kiesers wat hul gewig by die party ingooi," sê Pieter Groenewald, VF Plus-leier.

"Die twee tussenverkiesings was in Wyk 28 op Bethal (Govan Mbeki-munisipaliteit) en in Wyk12 op Lydenburg (Thaba Chweu-munisipaliteit). Die verkiesings is noodsaaklik gemaak deur die bedanking van twee raadslede van die DA.

"In Bethal het die VF Plus se steun gegroei van 222 stemme in 2016 tot 695, oftewel van 4,31% tot 35,4%. Die aantal stemme vir die DA het afgeneem van 1 606 tot 514 in die ooreenstemmende tydperk – van 45% tot 26,2%.

 

Die Bethal-uitslae is soos volg:

 

Wyk 28:

ANC        –     701 stemme      35.87%             (2016 – 40%)

VF Plus    -     695 stemme      35,4%               (2016 – 4.31%)

DA          -     514 stemme      26.2%               (2016 – 45%)

EFF         –       48 stemme        2.4%               (2016 – 2%)

 

"Die VF Plus het met slegs ses stemme teen die ANC verloor. In hierdie geval het die DA die stem teen die ANC tot ‘n groot mate verdeel in wat ‘n groot sege oor die ANC kon wees.

"In Lydenburg het die VF Plus ook sy volgehoue steun bevestig en het 434 stemme gekry. Dit is ‘n groei vanaf 8,35% in 2016 tot 32,7%, byna vier keer meer as drie jaar gelede. Die DA se steun het afgeneem van 81,1% tot die huidige 48,49% (643 stemme).

 

Die Lydenburg-uitslae is soos volg:

 

Wyk 12:

DA                -           643 stemme      48.49%            (2016 – 81.1%)

VF Plus          -           434 stemme      32.7%             (2016 – 8.35%)

ANC              -           240 stemme      18.1%              (2016 – 9.3%)

EFF               –              9 stemme       0.68%              (2016 – 1.86%)

 

"Die VF Plus is van mening dat kiesers toenemend besluit om hul gewig in te gooi by ‘n party wat onbeskaamd veg vir die regte van minderhede en wat opstaan teen onder meer regstellende aksie wat ander partye voorstaan."

 

"Die VF Plus beskou die land se ekonomiese agteruitgang as ‘n direkte voortvloeisel van regstellende aksie, wat kaderontplooiing, grootskeepse onbevoegdheid en korrupsie tot gevolg gehad het," sê Groenewald.

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.