Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Tarlton-grondeienaars skop vas teen onwettige behuisingsontwikkeling

Meer as 100 ontstoke grondeienaars en inwoners van Tarlton (Krugersdorp) aan die Wes-Rand het vanoggend voor die konstruksiewerf van die Brickvale-ontwikkeling byeengekom om hul misnoeë te kenne te gee teen die bou van meer as 6000 huise.

Die grondeienaars wat deur die VF Plus-leier vir Gauteng, Jaco Mulder en die VF Plus-raadslid in Mogale City, Amanda de Lange, toegespreek is, het aan die party ‘n mandaat gegee om verder met die Gautengse regering te onderhandel om die projek te staak.

Mulder het gesê die ontwikkeling is in omstredenheid gehul deurdat die Mogale City-stadsraad en die provinsiale departement vir samewerkende regering en tradisionele sake (CoGta) geen openbare deelnameproses gevolg het nie en die beplande ontwikkeling op onstabiele dolomiet-grond plaasvind.

"Vroeëre omgewingsimpakstudies het getoon dat die terrein nie geskik is vir 'n hoëdigtheid-behuisingskema nie.

"Die VF Plus het die onregmatigheid van die ontwikkeling reeds onder die aandag van die Gautengse LUR vir CoGta, Uhuru Moiloa, gebring," het Mulder gesê.

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.