fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Minister van sport en DA-leier moet verskoning vra oor Ashwin Willemse-voorval

Die Vryheidsfront Plus (VF Plus) verwelkom die bevinding van adv. Vincent Maleka dat daar nie rassisme was in die voorval waar Ashwin Willemse verlede maand tydens ‘n regstreekse uitsending uit ‘n ateljee van SuperSport gestap het nie.

"Rassespanning in Suid-Afrika loop hoog en daar moet gewaak word word daarteen om nie enige voorval waarin mense van verskillende kleure betrokke is, sonder meer as rassisme af te maak nie," sê dr Pieter Groenewald, VF Plus-leier.

'Dit is nou duidelik dat die DA dieselfde narratief van wit-bevoorregting teenoor swart-agtergeblewenheid wil gebruik en misbruik"

Die minister van sport, Tokozile Xasa, en die leier van die DA, Mmusi Maimane, het die voorval onmiddellik as rassisme gebrandmerk ten koste van die mede-aanbieders, Naas Botha en Nick Mallett.

"Maimane en minister Xasa het uiters onverantwoordelik opgetree deur Botha en Mallett sonder die korrekte feite voor te hou as rassiste. Dit bewys hulle is self behep met ras en hulle skuld nie net vir Botha en Mallett nie, maar die hele Suid-Afrika ‘n verskoning."

"Dit is nog te verstane dat die ANC sulke skadelike uitlatings sal maak, maar dit is nou duidelik dat die DA dieselfde narratief van wit bevoorregting teenoor swart agtergeblewenheid wil gebruik en misbruik met die aanloop tot aanstaande jaar se algemene verkiesing.

"Politieke leiers moet ekstra versigtig en verantwoordelik wees oor die kwessie van rassisme en moet nie probeer om dit in alles raak te sien nie.

"Die VF Plus wag op die verskoning van Maimane en minister Xasa," sê Groenewald.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.