Die VF Plus stem saam met die direkteur-generaal van tesourie, mnr. Dondo Mogojane, wat sê Suid-Afrika is nog nie ‘n mislukte staat nie, maar dat die land snel op pad daarheen is indien staatskaping nie onmiddellik die nek ingeslaan word nie.
"Ekonomiese groei word verder bemoeilik deur die onnodige fragmentering van departemente en dit sou net tot die land se voordeel wees indien departemente soos handel en nywerheid, kleinsake ontwikkeling en selfs finansies en energie in een departement saamgevoeg sou word om kohesie te bevorder," het Anton Albertts, VF Plus voorsitter en parlementêre woordvoerder vir ekonomie gesê.
"Soos dit tans is, veroorsaak te veel entiteite onnodige rompslomp en administratiewe drukgange wat die land se sukkelende ekonomie nouliks kan bekostig. Suid-Afrika se ekonomie is in die moeilikheid en drastiese en rasionele stappe sal geneem word om dit reg te stel.
Alberts het tydens die begrotingsposdebat Dindsdag vir die cdpartement van ekonomiese ontwikkeling gesê die minister en sy departement moet, teen hierdie agtergrond, aan die volgende sake aandag gee:
"Suid-Afrika se ekonomiese situasie is van so ‘n aard dat die land nie net gewone politici kan hê nie, maar politieke entrepreneurs wat verstaan hoe om groei te bewerkstellig,"