Die VF Plus het in antwoord op ‘n parlementêre vraag aan die minister van water en sanitasie met skok kennis geneem dat ‘n totaal van 118 myne uit 712 wat waterlisensies het, nie aan hul lisensievoorwaardes voldoen nie en dat 115 myne tans aktief is sonder enige waterlisensie.
"Hierdie stand van sake is skokkend en wys enersyds daarop dat myne argeloos voortgaan om die omgewing te besoedel en andersyds dat die waterlisensie-stelsel nie na behore werk nie," sê adv Anton Alberts, VF Plus-LP en partyvoorsitter.
Verdere belangrike bevindings uit die antwoorde van die minister oor die aangeleentheid, is die volgende:
"Die departement se polisiëringsaksies teen die myne is meestal administratief van aard en dit is tyd dat strafregtelik teen die myne opgetree word.
"Die VF Plus gaan die bevindinge aan die Blou Skerpioene voorlê vir ondersoek en verdere optrede. Indien daar nie enige reaksie is nie, sal die inligting aan die Valke gegee word vir optrede.
"Die VF Plus glo dat mynaktiwiteite in balans met die omgewing moet plaasvind, dat mynlisensies nie onnodig gegee moet word nie, en dat diegene wat die omgewing besoedel, tronkstraf moet kry.
"Die VF Plus sal terugslaan ten einde te sorg ons omgewing en ekostelsels voldoende beskerm word," sê Alberts.