fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Rampspoed staar SA in die gesig indien verval van munisipaliteite nie gekeer word nie

Munisipaliteite in Suid-Afrika kan op die huidige trant ekonomies nie oorleef nie. Munisipale- en provinsiale infrastruktuur is in die algemeen in ‘n staat van verval. Skuld aan Eskom beloop miljarde rande en baie munisipaliteite se kragtoevoer kan om hierdie rede gesny word.

"Daarom is dit kommerwekkend dat die regering in sy begroting gaan terugsny aan sy toewysing aan infrastruktuur. Suid-Afrika sal ekonomies in duie stort indien sy munisipaliteite in duie stort," sê Wouter Wessels, VF Plus LP en parlementêre woordvoerder vir finansies.

"Die instandhouding van munisipaliteite is ‘n groter prioriteit as gratis hoër onderrig"

"Talle munisipaliteite en provinsies maak hulle skuldig aan die onderbesteding van voorwaardelike toekennings en dit is verstaanbaar dat dit as motivering gebruik kan word om hul toewysing te verminder," sê Wessels

"Dit is egter nie die inwoners wat die skuld moet kry vir die swak bestuur en onderbesteding nie. Die ANC-regering moet die skuld hiervoor kry, maar nou gaan die inwoners ly indien munisipaliteite se begrotings verklein gaan word.

"Die instandhouding van munisipaliteite is ‘n groter prioriteit as gratis hoër onderrig. Wat sal dit baat indien daar studente in universiteite is, maar hulle het nie elektrisiteit, water of paaie nie. Ná hul studies sal daar nie werksgeleenthede wees nie, want die ekonomie sal vernietig word indien munisipaliteite in duie stort," sê Wessels.

Suid-Afrika bestee ‘n groter deel van sy begroting aan basiese onderwys as die meeste Afrika-lande en selfs sommige ontwikkelde lande.

"Tog is die land se basiese onderwysstelsel so swak dat dit beskou word as 126ste uit 138 lande. Die rede hiervoor is die korrupsie en wanbestuur van die regering.

"Tekenend hiervan is die ANC se sekretaris-generaal en premier van die Vrystaat, Ace Magashule, onder wie die Vrystaat tot in die grond in bestuur en besteel is. Die mense van die provinsie ly daaronder.

"Suid-Afrika kan ekonomies nie groei voordat korrupsie nie daadwerklik uitgeroei word nie. En niemand sal die ANC ernstig opneem dat hy van korrupsie ontslae wil raak terwyl hy mense soos Magashule as sekretaris-generaal in sy midde het nie, sê Wessels.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.