fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Polariserende uitsprake gaan nie ons kinders red nie

Die ontstellende video  wat op tans op sosiale media versprei word wat duidelik wys hoe ‘n skoolmeisie van Laerskool Unitaspark in Vereeniging aangerand word, is kommerwekkend.

Wat die VF Plus verder ontstel is die skoolhoof wat weier om op navraag van die party oor die voorval te reageer. Die saak is eenvoudig na die beheerliggaam en die departement van onderwys verwys.

"Die beheerliggaam van Laerskool Unitaspark skuif die blaam en sê die voorval het buite skooltyd gebeur en daarom kan die skool nie verantwoordelik gehou word nie," sê KObus Hoffman, VF Plus-onderleier in Gauteng.

"Die VF Plus lê die blaam voor die deur van die Gautengse departement van onderwys en meer spesifiek, die LUR vir onderwys mnr. Panyaza Lesufi, oor sy polariserende uitsprake. Dit wil voorkom asof wit Afrikaners nêrens in Suid-Afrika meer veilig is nie.

"Die VF Plus is van mening die afbreek van wedersydse respek en haatspraak deur politieke leiers spoel oor na leerders en gemeenskappe. So word die grondwet geminag.

"Ons kinders se welstand is belangrik en daarom sal die party alles in sy vermoë doen om hul veiligheid binne die onderwys-sisteem te waarborg," sê Hoffman.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.