"Plaaslike owerhede se wetstoepassers moet onverwyld optree teen onwettige grondbesetting," sê Jaco Mulder, Gautengse leier van die VF Plus.
Dit volg nadat grondgrype die afgelope dae op verskeie plekke binne die jurisdiksiegebiede van die Johannesburg- en Tshwane-metrorade in Gauteng plaasgevind het.
Mulder sê die onwettige vestiging van nedersettings op die wyse sal nuwe maatskaplik krisisse meebring en voldoen nie aan die geïntegreerde ontwikkelingsplanne van plaaslike owerhede nie.
"Infrastruktuur in dorpe en stede verkeer reeds onder druk en spanning tussen wettige grondeienaars en besetters kan tot openbare onrus lei."