fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Partye speel met vuur deur rassisme te misbruik vir politieke gewin

"Die ongelukkige voorval by die Laerskool Schweizer-Reneke in Noordwes dien as bewys dat die sosiale kohesie in Suid-Afrika besig is om los te torring vanweë die verdelende beleid wat die ANC die afgelope 24 jaar gevolg het. Politieke partye speel met vuur om die spanning verder op te jaag deur rassisme te misbruik vir politieke gewin," sê Pieter Groenewald, VF Plus-leier.

Groenewald sê ‘n party soos die EFF het die verdeeldheid wat die regering geskep het die afgelope jare verder gevoer en dit is jammer dat die huidige amptelike opposisie, die Demokratiese Alliansie (DA) nou hierby aansluiting vind.

"Nadat ander partye, en in besonder die DA ‘n ooglopend onskuldige situasie sonder skroom of ondersoek aangegryp het bloot om politieke punte voor die verkiesing aan te teken, kan die VF Plus nie daaroor swyg nie"

 

Hy sê die VF Plus het nie onmiddellik op die aangeleentheid by die skool gereageer nie juis omdat ‘n skool, en in hierdie geval ‘n laerskool met graad R-leerders betrokke is.

"Die standpunt van die VF Plus is dat alles moontlik juis gedoen moes word om die kinders van alle rasse wat pas met hul skoolopleiding begin het, nie aan die trauma van ‘n rasse-debakel bloot te stel nie.

"Nadat ander partye, en in besonder die DA ‘n ooglopend onskuldige situasie sonder skroom of ondersoek aangegryp het bloot om politieke punte voor die verkiesing aan te teken, kan die VF Plus nie daaroor swyg nie.

"Luidens mediaberigte het van die leerlinge in ‘n stadium vanweë taalredes by mekaar gesit aangesien van hulle glo nie Afrikaans magtig is nie. Dit onderstreep die noodsaaklikheid van moedertaal-onderrig waarvoor die VF Plus hom beywer sodat kommunikasie, ongeag kleur, die kriterium moet wees in ‘n onderwys-omgewing.

"Die tyd het aangebreek dat alle verantwoordelike burgers van Suid-Afrika die VF Plus se hand vat om saam ‘n sterk en duidelike boodskap uit te stuur dat verskille nie deur konflik besleg moet word nie, maar op ‘n verantwoordelike wyse sodat vooruitgang bevorder word, en nie die agteruitgang wat die laaste 24 jaar onder die ANC-regering kenmerk nie.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.