fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Oud finansiële hoof moet dalk geld terugbetaal oor oneerlikheid

Die VF Plus verwelkom die  aanbeveling van ‘n forensiese maatskappy dat Paul Mpele, gewese finansiële hoof van die Lesedi-munisipaliteit  (Heidelberg, Nigel, Devon, Vischkuil), sy salaris van R1,2 miljoen per jaar sedert 2016 moet terugbetaal omdat hy oor sy kwalifikasies  gejok het.

Die VF Plus het reeds op 12 Januarie 2016, gedurende  ‘n spesiale raadsvergadering, teen die aanstelling van mnr. Mpele gestem omdat ander kandidate op die kortlys beter kwalifikasies gehad het.

Tydens dié munisipaliteit se laaste raadsvergadering vir die jaar op 6 Desember is die verslag van Gobodo Forensic Investigative Accounting aan die raad voorgelê waarna besluit is om dissiplinêr teen Mpele op te tree.

Mari Boshoff, VF Plus-raadslid in die Lesedi-munisipaliteit, het gevra dat raadslede wat in 2016 sy aanstelling goedgekeur het, ook verantwoordelik gehou kan word.

"Mpele se CV dui aan dat hy  ‘n B-Com-graad in rekeningkunde aan van die Universiteit van Durban-Westville verwerf het. Hy het slegs ‘n B-Com graad behaal en  was ook nie eerlik oor sy beweerde nagraadse studies aan die Universiteit van Stellenbosch nie.

"Die forensiese ondersoek-maatskappy het aanbeveel dat die munisipale bestuurder ook aanspreeklik gehou word. Die VF Plus is van mening dat hy e ander amptenare wat by Mpele se aanstelling betrokke was, alle kostes verbonde aan die ondersoek moet betaal.

"Die VF Plus ondersteun die ondersoek en glo dat oneerlikheid en korrupsie uitgeroei moet word. Hierdie ondersoek is weer eens ‘n bewys  die ANC is onbevoeg  om ‘n munisipaliteit suksesvol te bestuur.

"Kiesers word aangemoedig om nou vir ‘n party te stem wat ‘n verskil kan maak en sodoende saam met die VF Plus terug te slaan teen vergrype by plaaslike owerhede. Dit is nou of nooit," sê Boshoff.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.