fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Nuwe VF Plus-LPW opgewonde om haar gemeenskap te dien

Tammy Wessels is vandag as die nuwe wetgewerlid (LPW) van die VF Plus in die Vrystaat ingehuldig.

Wessels is opgewonde om in haar nuwe posisie die gemeenskap te dien, ‘n daadwerklike waghondfunksie te vervul en die ANC-regering aanspreeklik te hou.

Haar passie is die bemagtiging van die jeug, onderwys en taalregte.

Wessels glo dat die Vrystaat ‘n provinsie met baie potensiaal en wonderlike mense is, maar dat die provinsie lamgelê word deur wanbestuur, korrupsie en swak dienslewering.

Haar inhuldiging volg na​dat​ Wouter Wessels verlede week verkies is om dr Pieter Mulder as parlementslid op te volg.

Wessels (31)​, is in ​Johannesburg ​gebore waar sy ook skoolgegaan het. Daarna ​het ​ sy​ aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) studeer waar sy ‘n aktiewe rol in studenteleierskap gespeel het. Sy was onder andere ‘n lid van die UV se studenteraad en die speaker van die studenteparlement. Sy is ook tans die nasionale jeugleier van die VF Plus.

Wessels was ​ook ​voorheen die party se skakelbeampte by die Mangaung Metromunisipaliteit waar sy nou-betrokke was by die hantering van inwoners se munisipale probleme.

Wessels is ​reeds ​sedert haar studentejare ​aktief ​by die VF Plus en partypolitiek betrokke.

Sy het onlangs die party as jeugleier by die VN se Forum vir Minderheidskwessies in Genève, Switserland verteenwoordig waar sy ‘n voorlegging oor die marginalisering van Afrikaans as onderrigtaal gelewer het.

Wessels is ‘n lid van die VF Plus se federale dagbestuur, federale raad en Vrystaatse dagbestuur.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.