fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Mabuza dui nuwe regeringskoers aan oor kragopwekking

"Die VF Plus verwelkom die rol wat adjunk-president David Mabuza vir onafhanklike kragverskaffers sien. Die party hoop dat dié besluit selfs verder sal gaan om kragopwekking in Suid-Afrika heeltemal oop te stel," sê Wynand Boshoff, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van energie.

"In reaksie op 'n vraag oor die moontlike ekonomiese afgradering van Suid-Afrika deur internasionale agentskappe, het die adjunk-president beurtkrag as 'n afbrekende faktor ter sprake gebring.

"Hy het daarna verwys dat die land se opwekkingsvermoë weens die ouderdom van opwekkingseenhede afgeneem het.

"Onafhanklike kragverskaffers is deur hom genoem as 'n bron wat die tekorte kan aanvul en die land se kragvoorsiening stabiliseer.

"Dit is 'n belangrike koersverandering van die kant van die regering, wat lank reeds deur die VF Plus bepleit word. Die party sien daarom uit na die bekendstelling van die nuwe Geïntegreerde Hulpbronplan, om te sien hoe ver die regering bereid is om in dié rigting te beweeg," sê Boshoff.

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.