fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

MRK se bevooroordeelde posisie oor Eben Etzebeth is onaanvaarbaar

"Die uitlatings van mnr. Buang Jones, nasionale hoof van die Menseregtekommissie (MRK) se regsafdeling Donderdag gedurende ‘n vergadering in Langebaan oor Eben Etzebeth se beweerde gebruik van haatspraak, is uiters voortydig en bevooroordeeld," sê Pieter Groenewald, VF Plus-leier.

"Die MRK is, soos deur Jones ook bevestig, veronderstel om sy werk sonder begunstiging te doen, tog wil die MRK volgens Jones ‘n sogenaamde “voorbeeld van Etzetbeth maak” en is hy reeds deur die MRK skuldig bevind voordat hy ‘n geleentheid gekry het om homself te verdedig.

"Die VF Plus veroordeel alle vorme van rassisme van enige lid van die samelewing. Die MRK toon egter tans duidelik dubbele standaarde deur die Etzebeth-aangeleentheid met die uiterste dringendheid te hanteer, terwyl ander klagtes, soos dié teen die leier van die BLF, Andile Mnqxitama, oor sy rassistiese uitsprake en haatspraak hoegenaamd nie met dieselfde graad van dringendheid hanteer is nie.

 

"Die verantwoordelike benadering wat van die MRK verwag sou word, is dat Etzebeth toegelaat word om na afloop van die Rugby Wêreldbeker-toernooi terug te keer en ‘n billike geleentheid gegun word om homself teen die bewerings van haatspraak te verdedig."

 

"Die MRK is veronderstel om die menseregte van alle Suid-Afrikaners te verdedig, ook dié van Etzebeth.

"Dit is uiters onverantwoordelik en onaanvaarbaar van die MRK om openlik bevooroordeeld op te tree deur Etzebeth vooraf in die media en op openbare vergaderings as skuldig te brandmerk aangesien hy nog nie skuldig bevind is nie en daarom onskuldig is totdat andersins bevind word," sê Groenewald.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.