fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Madikizela-Mandela gaan Paul Kruger nie op Kerkplein vervang

Die VF Plus distansieer homself van die EFF  se versoek dat die Paul Kruger-standbeeld op Kerkplein in Pretoria deur dié van Winnie Madikizela-Mandela vervang moet.

"‘n Standbeeld van die voormalige presidentsvrou kan opgerig word, maar nie in die plek van die Kruger-standbeeld nie," se Awie Erasmus, VF Plus raadslid in die Tswane Metroraad.

Erasmus sê die EFF se argument dat Paul Kruger ‘n apartheidsikoon was, is nie korrek nie.

"Die ware feite is dat Paul Kruger eerder ‘n vryheidstryder  teen Britse kolonialisme was.

" Dié oud-president het gestreef na vryheid vir sy mense gegrond op die vaste vertroue in die Skepper. Hy is nie ‘n persoon wat verguis behoort te word nie, maar eerder iemand wie se wysheid waardeer moet word.

"In Kruger se eie woorde lê groot wysheid.  ’n Voorbeeld wat veral vandag van toepassing is, is: “neem uit die verlede alles wat goed en edel is, en bou daarop die toekoms.”

"Die VF Plus sal met ‘n proses begin om die ware geskiedenis van pres. Paul Kruger se lewe bekend te maak, en sodoende wys waarom sy standbeeld Kerkplein hoort en daar moet bly," se Erasmus.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.