fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Grondhervorming kan plaasvind sonder om aan Grondwet te verander

Die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, Maite Nkoana-Mashabane, het die reg om voort te gaan om grondhervorming binne die bepalings van die Grondwet toe te pas en hoef nie te wag vir die aanbevelings van die grondwet-hersieningskomitee nie.

Luidens ‘n mediaberig in City Press het minister Nkoana-Mashabane gesê sy is bereid om ingevolge klousules wat reeds in die Grondwet vervat is, voort te gaan met onteiening.

"Die minister is nuut in haar pos en sy sal vind dat dit onnodig is om grond te onteien aangesien die staat reeds meer as 4000 plase in sy besit het wat hy kan gebruik om swart boere te vestig. Onteiening is ‘n regsproses wat die belastingbetaler baie geld gaan kos en die minister sal geld mors indien sy wil onteien," sê Pieter Groenewald, VF Plus-leier

"Grond wat die staat sedert 1994 in die grondhervormingsprogram verkry het, asook grond van  mislukte projekte om swart boere te vestig, moet eers gebruik word om opkomende swart boere te vestig wat graag ‘n sukses van hul ondernemings wil maak. 

"Indien die minister hierdie stappe volg, sal sy agterkom onteiening is totaal onnodig en sal dit die belastingbetalers baie geld spaar," sê Groenewald.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.