fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Gauteng se nuwe LUR’e boesem nie vertroue in nie, al is Lesufi weg

Die nuwe uitvoerende raad van Gauteng, wat Woensdag aangewys is deur die premier, David Makhura, boesem nie veel vertroue in om ‘n beter toekoms te skep vir Gauteng en sy inwoners nie.

"Die enigste ligpunt is die verwydering van die vorige LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, wat openlik oorlog gevoer het teen moedertaal-onderrig en Afrikaans in die besonder. Hy is nou geplaas by finansies en e-regering," sê Anton Alberts, VF Plus-LPW in Gauteng.

Alberts sê Lesufi se plasing skep egter nuwe onsekerhede omdat hy voorheen gewys het hy is nie in staat om sy departement behoorlik te bestuur nie. Nou is hy weer in ‘n baie belangrike pos aangestel.

Onder Lesufi was daar selfs verwarring oor die aantal skole wat onder hom in Gauteng gebou is aangesien sy statistiek verskil het met die van Angie Motshekga, toé minister van basiese onderwys. Die VF Plus sal hom steeds met valkoë dophou.

"Dit is ook jammer dat daar net swartmense in die uitvoerende raad aangewys is en dat die ANC se eie uitsprake dat regering op alle vlakke ‘n demografiese weerspieëling van die land se inwoners moet wees, hier nie die geval is nie.

"Wit, bruin en Indiër-minderhede is die rug toegekeer en dit is ‘n duidelike teken dat die ANC getransformeer het tot ‘n rasse-nasionalistiese organisasie wat net tot voordeel van sy eie lede en homself is.

"Tekenend van die swak gehalte van aanstellings is die heraanstelling van Faith Mazibuko by gemeenskapsveiligheid vanaf die portefeulje sport, kuns, kultuur en ontspanning. Sy is bekend vir haar rassistiese opmerkings teenoor senior amptenare van haar vorige departement waaroor die VF Plus ‘n klag teen haar by die Menseregtekommissie (MRK) ingedien het.

"Dit is ‘n skande dat die ANC ‘n persoon wat skuldig bevind is aan rassistiese optrede op dié wyse beloon, maar dit kan verwag word van ‘n organisasie wat getransformeer het tot een wat net na die belange van swartes en kaders in die besonder omsien.

"Die VF Plus sal nogtans saamwerk met die nuwe LUR vir onderwys, Nomantu Nkomo-Ralehoko, en sal probeer om ‘n positiewe en konstruktiewe verhouding met haar te bou om seker te maak die begroting word reg bestee en dat genoegsame infrastruktuur in plek kom vir onderwys in die provinsie waar ‘n groot aanvraag na moedertaal-onderrig is.

"Dit kan die druk van Afrikaanse skole afhaal om anderstalige leerders weens ‘n gebrek aan skole in te neem. Die departement se jaarlikse begroting is voldoende om te sorg dat nuwe skole gebou word en bestaandes onderhou word om nog ‘n Driehoek-tragedie te vermy. Lesufi was bloot te onbevoeg om dit te doen.

"Die VF Plus sal as ‘n nuwe en sterker opposisieparty ook in Gauteng voortgaan om vir minderhede te veg in die provinsiale wetgewer en sal toesien dat die ANC behoorlike diens lewer aan al die inwoners van Gauteng.

"Die ANC se meerderheid van ‘n enkele setel in die wetgewer bied aan die VF Plus die geleentheid om strategies met ander opposisiepartye saam te werk om seker te maak die ANC neem nie verkeerde besluite nie, maar ook om eie mosies en wetgewing deur te voer.

"Alles moontlik sal gedoen word om die regerende party se rasse-nasionalisme, soos bepaal deur die nasionale demokratiese revolusie, te verander na ‘n bestuurstyl wat gunstig sal wees vir al die inwoners van Gauteng," sê Alberts.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.