fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Kansellasie van sonkragreëls: Oorwinning vir billikheid

Die Nasionale Energiereguleerder, Nersa, se besluit om voorgestelde regulasies vir sogenaamde Kleinskaalse Ingebedde Kragvoorsieners te kanselleer, word deur die VF Plus verwelkom.

Dit is nie slegs deur ondeurdagte elemente gekenmerk nie, die hele idee daarvan was ondeurdag. Aangesien 'n woordvoerder van Nersa aangedui het dat die terugtrekking voorlopig is, sal die VF Plus die verloop van die saak fyn dophou.

Die VF Plus is oortuig daarvan dat die toekoms van mededingende industrieë in Suid-Afrika op hernubare energie gebou sal wees.

"Daarvoor moet die elektrisiteitsnetwerk vir verbruikers wat nie net krag wil koop nie, maar ook verkoop, oopgestel word. Veiligheidsmaatreëls moet natuurlik toegepas word, maar fiktiewe risiko's moet nie voorgehou word om deelname te beperk nie. Eskom moet sy rol gaandeweg tot dié van kragverspreider, liewer as kragvoorsiener, omskep. Dit is transformasie wat die moeite werd sal wees, sê Dr Wynand Boshoff, VF Plus-leier in die Noordkaap.

"Sover dit beplanning aangaan, wys die VF Plus daarop dat alle sonpanele by die invoerhawe of fabriekshek geïnspekteer word. Daardie data kan vir beplanningsdoeleindes gebruik word.

"Die VF Plus voorsien 'n toekoms waar elke fabriek, huis, plaasskuur, winkelsentrum en parkeerplek met sonpanele oortrek sal wees.

"Dit sal 'n toekoms met goedkoper energie en minder besoedeling wees," sê Boshoff.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.