fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Munisipaliteite is in totale verval – OG

Die oudit-uitkomste van Suid-Afrikaanse munisipaliteite wat Woensdag deur die Ouditeur-Generaal (OG), Kimi Makwetu bekendgemaak is, wys dat munisipaliteite, nie soos die ANC wil voorgee, deur die wêreldekonomie of gebrekkige munisipale wetgewing geaffekteer word nie, maar deur dieselfde ANC se wanbestuur, verkeerde prioriteite en magsmisbruik.

Die OG het vanoggend bevestig dat Suid-Afrikaanse munisipaliteite hulself in ‘n donker landskap bevind met onreëlmatige uitgawes wat landswyd na R28,3 miljard (vanaf R 16.2 miljard in 2015/2016) toegeneem het.

128 Munisipaliteite regoor die land is volgens nasionale tesourie in erge finansiële verknorsing, terwyl slegs 7% van munisipaliteite skoon ouditmenings ontvang het.

"Dit is duidelik dat munisipale amptenare finansiële wetgewing bloot as riglyne ag en die ANC se versuim om teen amptenare wat oortree, op te tree dra elke jaar by tot die geweldige toename in onreëlmatige uitgawes en dus tot die geweldige verlies aan broodnodige fondse," sê Wouter Wessels, VF Plus parlementêre woordvoerder vir samewerkende regering.

Wessels sê solank strafmaatreëls nie geïmplementeer word nie, sal amptenare nie finansiële verantwoordelikheid aan die dag lê nie en gaan dit nie beter in munisipaliteite gaan nie. 

Hy se die oudit-uitkomste van munisipaliteite bewys dat plaaslike regering onder ANC-beheer nie volhoubaar is nie. Onder die ANC is munisipaliteite se voortbestaan in gedrang met ongemagtigde uitgawes (oorspandering) wat jaarliks drasties toeneem as gevolg van die inkomstestroom wat al hoe kleiner word.

"Die OG se verslag bevestig dat die ANC se beleid van baantjies vir boeties-aanstellings hom vinnig inhaal.

"Munisipaliteite, wat die hartklop van dienste in Suid-Afrika moet wees, se fonteine loop nou vinnig leeg weens korrupsie, swak finansiële bestuur en onbevoegde amptenare.

"Daarteenoor minag munisipale besture betalende inwoners, maar verwag dat hul moet aanhou betaal vir min tot geen dienste," se Wessels.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.