fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Emfuleni finaal op sy knieë

Dienslewering van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit is verder gekniehalter nadat daar op al die munisipaliteit se oorblywende diensleweringsvoertuie beslag gelê is as gevolg van agterstallige skuld.

Inwoners van Vereeniging, Drie Riviere, Vanderbijlpark, Sebokeng en Sharpeville sal voortaan geen hulp van die verkeer-, brandweer-, water en sanitasie-  en elektrisiteitsdepartement ontvang nie.

Die VF Plus se Gauteng leier, Jaco Mulder het reeds verlede week aangekondig dat die party ‘n  versoekskrif gaan rig aan die nasionale minister vir samewerkende regering en tradisionele sake (COGTA), dr. Zweli Mkhize, asook aan die minister vir waterwese en sanitasie, mnr. Gugile Nkwinti, om onmiddellik in te gryp in die benaderde situasie waarin die Emfuleni-munisipaliteit verkeer.

"Die ANC-regering is vir die totale in duie stort van hierdie munisipaliteit verantwoordelik. Die munisipaliteit is reeds met etlike honderde miljoene rand agterstallig aan diensverskaffers soos Eskom en Randwater," sê Gerda Senekal, VF Plus-raadslid in Emfuleni.

"Inwoners en besighede moet toenemend sonder elektrisiteit en water oor die weg kom.

"Dit is duidelik dat die provinsiale ingryping onvoldoende is en dat beide die burgemeester en die Gautengse LUR vir samewerkende regering, Uhuru Moiloa se bestuurspanne weinig vordering maak.

"Die VF Plus doen ‘n beroep op die inwoners van Emfuleni om hul grondwetlike regte op te eis deur die VF Plus se versoekskrif te steun en ook betrokke te raak by inisiatiewe wat gerig is om die omgewing te verbeter en te beveilig," sê Senekal.

Die versoekskrif kan hier onderteken word.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.