fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Besoedeling van Nylrivier skep gesondheidsrisiko

Die erge besoedeling van die Nylrivier skep ‘n ernstige gesondheidsrisiko en skend inwoners se grondwetlike reg tot ‘n omgewing wat nie skadelik is vir hul welstand en gesondheid nie. Bloed van die Waterberg-distriksmunisipaliteit se abattoir vloei tans in die Nylrivier. (Foto onderaan verklaring)

"Die VF Plus dien vandag ‘n strafregtelike klag teen die munisipale bestuurder van Modimolle/Mookgophong-plaaslike munisipaliteit (Modimolle (Nylstroom)), (Mookgophong (Naboomspruit en Vaalwater)) in vir sy versuim as rekenpligtige amptenaar om toepaslike wetgewing na te kom en die besoedeling stop te sit," sê Marcelle Maritz. VF Plus-leier in Limpopo

Die VF Plus het ook die Waterberg-distriksmunisipaliteit in dié verband vir ernstige menseregtevergrype by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommisse (MRK) verkla.

Daar vloei ook rou riool saam met die bloed in die rivier weens die Modimolle-Mookgophong-plaaslike munisipaliteit se riool-infrastruktuur wat nie in ‘n werkende toestand is nie.

"As ‘n lid van die koalisieregering van die plaaslike munisipaliteit eis die VF Plus onmiddellike optrede om die besoedeling van die Nylrivier stop te sit en sal toesien dat daar werk van gemaak word.

"Die probleem het ontstaan deur ‘n jarelange gebrek aan onderhoud deur die vorige ANC-beheerde munisipaliteit met talle bewerings van korrupsie en onreëlmatige betalings aan diensverskaffers wat onderhoudswerk in die wiele gery het.

"Die huidige krisis van rioolstorting in die Nylrivier is uiters kommerwekkend vir die gemeenskap en die boere wie se grond aan die rivier grens aangesien die besoedeling ‘n duidelike gesondheidsrisiko inhou en skadelik kan wees vir mens, dier en plant.

"Die VF Plus se provinsiale leier in Limpopo, Marcelle Maritz, gaan die saak nou as prioriteit bespreek met die burgemeester en eis dat ‘n aksieplan so gou moontlik in belang van die inwoners in werking gestel word.

"Die nalatigheid van munisipaliteit maak inbreek op die gemeenskap se reg tot ‘n skoon omgewing. Die VF Plus slaan terug teen hierdie swak dienslewering en sal alle moontlike stappe neem om die besoedeling daadwerklik aan te spreek,"sê Maritz.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.