Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Brexit: Regering moet eers eie huis in orde kry om ekonomie te laat groei

"Die VF Plus verwelkom die feit dat ‘n onderhandelde ooreenkoms bereik is tussen Suid-Afrika en Brittanje gegewe die onsekerheid oor enige Brexit-ooreenkoms. Nogtans lê Suid-Afrika se ekonomiese welvaart in sy eie hande," sê Jaco Mulder, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van handel en nywerheid.

"Die VF Plus is bekommerd oor Suid-Afrika se ekonomiese vooruitsigte, nieteenstaande die Brexit-uitkoms. Daar is te veel regeringsbeleide wat tans in verskillende fases van verwesenliking is wat ‘n groot uitwerking op die land se ekonomie en toekomstige handelsooreenkomste sal hê.

"Van hierdie wette is die Wet op die Verligting van Verbruikersskuld, die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV), onteiening sonder vergoeding, die hersiene mynbouhandves, die nasionalisering van die Reserwebank, gedwonge beleggings, swart ekonomiese bemagtiging (SEB) en regstellende aksie (RA).

"Die land se ekonomie staan op die rand van ‘n afgrond met sakevertroue wat tot op sy laagste vlak in twintig jaar getuimel het.

 

"Die tyd het daarom aangebreek dat die regering alles moontlik doen om die ekonomie te laat groei en om sy onwerkbare ideologiese beleidstukke opsy te skuif."

 

"Die VF Plus sal graag wil sien dat Suid-Afrika in die eerste plek ‘n ekonomie ontwikkel tot voordeel van sy inwoners eerder as onwerkbare ideologieë. Ideologie kan volg wanneer die ekonomie groei en werk geskep word.

"Die regering moet nou begin aanvaar dit is of ekonomiese vooruitgang of die aanhang van ANC-ideologieë met gepaardgaande armoede vir almal in die land," sê Mulder.

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.