Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Owerhede in Johannesburg slaan toe op eiendomskapers

"Die VF Plus in Johannesburg het die inhegtenisneming van die 31 eiendomskapers vandeesweek in die stad verwelkom en spreek die hoop uit dat hierdie optrede slegs die begin is van ‘n proses om gekaapte eiendomme aan hul regmatige eienaars terug te besorg," sê Franco de Lange, VF Plus-raadslid en voorsitter van die ekonomiese ontwikkelingskomitee in die Johannesburgse metroraad.

"Die persone het reeds in die hof verskyn op aanklagte van dwelmhandel en onwettige eiendomskaping.

"Met hierdie optrede deur Johannesburg se metropolisie, asook die stad se groepforensiese- en ondersoekdienste in samewerking met die polisie, is 44 eiendomme reeds aan hul eienaars terugbesorg. Opvolgaksies word verwag om die stad se oorblywende 643 gekaapte eiendomme terug te neem.

"Die stad het reeds 68 eiendomme beskikbaar gestel aan private ontwikkelaars om die geboue in behuisings- of kommersiële eenhede te omskep. Dié geboue is deur die stadsraad in besit geneem weens agterstallige belasting- en diensteskuld of die eienaars kon nie opgespoor word nie.

 

"Dit is noodsaaklik dat wet en orde weer herstel word."

 

"Die VF Plus sal die ontwikkelings monitor. Die party is ook ten gunste van hierdie tipe ontwikkelings om die stad in ‘n verbruikersvriendelike omgewing te omskep.

"Die VF Plus steun ook die klopjagte wat die verskillende departement uitvoer om dwelm- en mensehandel en rampokkery uit te roei. Die ANC-regering het gedurende sy bewind in Johannesburg versuim om met hierdie misdaad-aktiwiteite te handel en daarom kon geen ekonomiese groei plaasvind nie," sê de Lange.

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.