fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Parlementêre debat: Inkontraktering teenoor uitkontraktering in die staat – Meriete moet bepalend wees

"Die antwoord op in- en uitkontraktering vir staatswerk is eenvoudig: Dit moet gedoen word tot voordeel van almal in die land. Dit word egter nie gedoen nie. Die ANC-regering grond sy besluite net op wat die beste vir die ANC en sy kaders is," sê Wouter Wessels, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van finansies.

"Die regering het ‘n verantwoordelikheid om na die welstand van alle Suid-Afrikaners om te sien. Dit word nie gedoen nie. Sekere kontrakteurs en konsultante word toegelaat om regeringsdepartemente en -entiteite uit te byt ten koste van die belastingbetaler en tot voordeel van korrupte amptenare.

"Daar is enersyds ‘n tekort aan kundigheid in regeringsdepartemente en staatsinstellings omdat meriete nie in ag geneem word nie. Voormalige president Jacob Zuma het die Zondo-kommissie in detail vertel hoe die sogenaamde kaderontplooiingskomitee funksioneer en besluit oor aanstellings en hoe en waar dit geskied.

"Andersyds sorg beleid soos regstellende aksie (RA) dat die probleem vererger deurdat dit die klem vir dienste en kontraktering op alles behalwe meriete plaas.

 

"Suid-Afrika beleef ‘n ekonomiese krisis. Dit is daarom onverantwoordelik om te verwag dat alle dienste, ook dié van mindere belang, deur die staat self gelewer kan word. Die staat se salarisrekening is reeds te groot en verantwoordelike optrede is nodig om geld oordeelkundig aan te wend."

 

"Die EFF kan in hierdie opsig gerus daarvan kennis neem dat armoede en werkloosheid sal voortduur, ongeag of al die wittes in die land môre die see in gejaag word of nie. Suid-Afrika se ekonomiese probleme het niks met ras te doen nie, maar met die onbevoegdheid van die regering.

"Solank as wat die staat sy geld so onverantwoordelik bestee soos Julius Malema, wat een paar skoene koop teen ‘n bedrag wat ander mense oor jare voor sal werk net om te oorleef, so lank sal daar finansiële probleme wees. Dit het niks met ras of wit kapitalisme te make nie, maar alles met swak regeringsbeleid.

"Alle besluite, soos oor die kontraktering van dienste, moet verantwoordelik geneem word in die belang van alle Suid-Afrikaners. Stel die beste mense en kontrakteurs aan wat die werk kan doen. Die is die kernantwoord op die vraagstuk. Om wittes die skuld vir alle probleme te gee, is nie ‘n oplossing nie," sê Wessels.

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.