fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Wetsontwerp op gebruik van Vrystaat se amptelike tale ‘n vinger in die oog van die Grondwet

Die Wetsontwerp op gebruik van die Vrystaatse Amptelike Tale is ‘n vinger in die oog van die Grondwet, het Wouter Wessels, VF Plus-LPW in die Vrystaatse Wetgewer, vandag in die debat oor die wetsontwerp in die Wetgewer gesê. Die wetsontwerp is vir goedkeuring ter tafel gelê.

Die VF Plus het teen die wetsontwerp gestem omdat die proses en die wetsontwerp self ondeurdag, afgejaag en gebrekkig van aard is. Wessels het die Vrystaatse wetsontwerp met die van Noordwes vergelyk wat meer omvangryk en bepalend van aard is. Die Wet maak nie spesifiek voorsiening vir tale wat hoofsaaklik in die provinsie gepraat word nie, maar laat alles oop vir interpretasie.

Die provinsiale regering het ook strydig met sy eie wetsontwerp en die bepalings van die grondwet opgetree deur ‘n taalbeleid op te stel en te implementeer alvorens ‘n wet, wat die bepalings van sodanige beleid bepaal, gepromulgeer is. Dit is ‘n blatante verontagsaming van die bepalings van die Grondwet, die hoogste gesagsdokument in die land, deur die provinsiale regering.

Wessels het ook die provinsiale regering gekasty omdat dit hierdie wetgewing, wat sedert 1996 deur die Grondwet vereis word en reeds deur meeste provinsies ingestel is, 21 jaar laat en deur middel van ‘n gebrekkige proses probeer deurdruk.

“Taalgelykheid en die bevordering en uitbou van alle Suid-Afrikaanse tale is van kardinale belang en die skamele agt bladsye vol veralgemenings, oop interpretasies, dubbelsinnighede en ontoereikende omskrywings gee nie uitvoering aan die gees en oogmerke van die Grondwet nie. Dit behoort in totaliteit heroorweeg te word,” het Wessels gesê.

 

Kontakbesonderhede: 082 674 6670

 

 

 

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.