fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

VF Plus verwelkom Zuma se ondersoek na Lesedi- (Heidelberg) munisipaliteit

Die VF Plus is verheug dat die president uiteindelik nou besluit het om Lesedi-munisipaliteit te ondersoek, sê Mari Boshoff, VF Plus-raadslid in die Lesedi-munisipaliteit (Heidelberg).

“Die VF Plus en opposisiepartye het herhaaldelik by die Gautengse wetgewer gekla en daarop aangedring dat die Lesedi-raad vir ongerymdhede ondersoek word.

“Die ondersoek sal fokus op Lesedi as diensverskaffer asook die raad se herhaaldelike ongemagtigde en vrugtelose besteding. Die raad se administrasie-masjien is bekend dat hulle diensverskaffers ongereeld of glad nie betaal nie.

“Die ANC is aan die stuur van sake in Lesedi en dit is hoogtyd dat president Zuma ingryp om onreëlmatighede oop te krap en korrupte raadslede en munisipale amptenare te ontbloot.

“Die munisipaliteit kan nie voortgaan met hul wanbestuur-praktyke nie. Die dorp het feitlik tot stilstand gekom en belastingbetalers se geld word elk dag verkwis.

“Die VF Plus sal aanhou klagtes indien totdat die raad die belastingbetalers se belange op die hart dra en geld reg bestuur word,” het Boshoff gesê.

President Zuma het terselfdertyd twee ander proklamasies geteken – ‘n ondersoek na die Life Esidimeni tragedie en grondhervorming.

072 547 0481

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.