Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

VF Plus vergesel menseregtekommissie na besoedelde areas rondom Vaalrivier

Die VF Plus in Emfuleni (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) was gister (3 September) deel van ‘n groep besorgdes wat die menseregtekommissie (MRK) na verskeie punte vergesel het waarvandaan rou riool in die Vaalrivier gepomp word.

Waterbesoedeling in die Vaalrivier het reeds krisis-afmetings aangeneem wat dit gevaarlik maak vir mens en dier om te gebruik en wat reeds tot duisende vissterftes gelei het. Landbouers is ook afhanklik van water uit die rivier om hul landerye te besproei.

Met die besoek aan verskeie pompstasies, was daar ‘n onuithoubare rioolreuk en poele vol vuilwater.

Die afvaardiging was dit eens dat indien die MRK nie ingryp nie, sal die area tot ‘n rampgebied verklaar moet word. ‘n Ondersoek deur die MRK en ander rolspelers word vir 18 en 19 September beplan.

Die MRK gaan alle verantwoordelike rolspelers soos Rand Water en die departement van water en sanitasie daag om voor die kommissie te verskyn.

Die VF Plus verwelkom die MRK se ingryping, maar eis dat die proses met daadwerklike stappe gepaardgaan om die besoedeling van die rivier te stop.

Kontaknommer: 076 616 2124

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.