Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

VF Plus onderhandel, bring verligting met Matlosana-rekeninge

Daar is lig aan die einde van die lang donker tonnel wat die munisipale rekening-situasie in die Matlosana-plaaslike munisipaliteit betref.

Die munisipaliteit wat Orkney, Stilfontein, Hartebeesfontein en Klerksdorp bedien het vanweë druk van oppossisiepartye soos die VF Plus besluit om die 70/30-beleid vir een maand op te hef om verbruikers in staat te stel om hul agterstallige rekeninge, veral die wat ontstaan het weens foutiewe rekeninge, op datum te bring.

Die VF Plus het ook die volgende namens die verbruikers van Matlosana onderhandel:

Alle rente op agterstallige rekeninge word teruggeskryf tot en met die begin van die huidige finansiële jaar wat op 1 Julie 2017 begin het.

Verbruikers wie se munisipale skuld nie meer as twee maande agterstallig is nie se water- en elektrisiteitstoevoer sal nie afgesny word tot en met einde Mei 2018 nie.

Verbruikers wie se munisipale rekeninge steeds agterstallig is weens die feit dat hulle nie rekeninge ontvang het nie, of foutiewe rekeninge ontvang het, sal dan afbetalingsooreenkomste met die munisipaliteit kan sluit.

Afbetalingsooreenkomste sal geskied met ‘n verslapping van die reëls deurdat ‘n deposito betaal kan word, waarna die balans oor ‘n vasgestelde tydperk afbetaal kan word.

Die faktureringsiklus sal herstel word, wat beteken dat verbruikers gereelde rekeninge sal ontvang.

 

Die VF Plus benadruk dat hierdie reëling sal geld slegs tot einde Mei 2018 en dat enige rekeninge wat daarna steeds agterstallig is se rente gehef sal word terugwerkend tot Julie 2017, waarna die normale prosedures vir invordering sal geld.

Die VF Plus het ook versoek dat al die betaalpunttoonbanke elke dag vir die volgende twee maande deur amptenare beman word en dat ‘n behoorlike inligtings- en hulptoonbank opgerig word om verbruikers by te staan met navrae en rekeningprobleme.

Die VF Plus nooi alle verbruikers uit om, indien hul voel dat hul rekening steeds foutief is, die party se provinsiale kantoor by (018) 484-1086 te kontak vir bystand.

 

KONTAKBESONDERHEDE: 079 409 8342

 

 

 

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.