fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

VF Plus doen beroep op inwoners van Kemptonpark om water- en rioollekkasies aan te meld om vorming van sinkgate te voorkom

Die VF Plus in die Ekurhuleni-metroraad het die inwoners van Kemptonpark versoek om water- en rioollekkasies so gou as moontlik aan te meld om te voorkom dat sinkgate vorm.

Daar is tans vier sinkgate in Kemptonpark waarvan twee onlangs gevorm het.

Die rehabilitasie van sinkgate is baie duur en kan lewensgevaarlik wees. Om ‘n sinkgat van twee vierkante meter te rehabiliteer, kan die munisipaliteit tussen R1,2 tot R1,4 miljoen kos.

Dit is daarom belangrik om lekkasies en sinkgate wat besig is om te vorm, so gou moontlik aan te meld.

Die metro het in vanaf 2016 tot 2020 ‘n totaal van 32 sinkgate teen ‘n koste van R12 miljoen gerehabiliteer. Daar is tans 200 aangetekende sinkgate in die metro.

Die VF Plus, as een van die koalisievennote in Ekurhuleni, beskou die voorkoming en rehabilitasie van sinkgate as ‘n prioriteit en sal alles in sy vermoë doen om kritieke infrastruktuur betyds te laat herstel of te vervang.

Inwoners wat water-, rioollekkasies of ‘n moontlike sinkgat in Kemptonpark wil aanmeld, kan gerus die VF Plus se raadslid, Jean Kriek, skakel by 079 224 7321.

Die VF Plus sal druk op die metro uitoefen om lekkasies so spoedig moontlik te herstel en nuwe sinkgate dringend te evalueer en die nodige stappe neem om dit te beveilig.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.