fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

VF Plus dien strafregtelike klagte in oor riool wat in Vaal- en Wilgeriviere vloei

Die VF Plus in die Mafube-plaaslike munisipaliteit (Frankfort, Villiers, Cornelia en Tweeling) het strafregtelike klagte ingedien oor riool wat al vir etlike maande in die Vaalrivier by Villiers en in die Wilgerivier by Frankfort vloei.

Die klagte is ingedien teen die munisipale bestuurder van Mafube, mnr. Mothusi Frank Lepheana en die direkteur van tegniese dienste, me. Nokukhanya Radebe.

Kabeldiefstal in Villiers veroorsaak dat die rioolwerke stilstaan. Gevolglik vloei riool direk in die Vaalrivier.

In Frankfort word die watertoevoer na die gemeenskap gereeld gesluit tydens beurtkrag om die vlakke van die reservoirs te beskerm.

Dit veroorsaak geblokte dreine omdat daar nie watertoevoer in die rioolstelsel is nie.

Die reaksietye van die munisipaliteit se onderhoudspanne is traag en dit neem soms tot ses maande om dreine oop te maak.

Riool vloei in Frankfort langs die pompstasie en by die rioolwerke verby in ‘n spruit waarna dit na die Wilgerivier vloei omdat die pompe buite werking is.

Beide hierdie riviere voed die Vaaldam, waarvan miljoene mense en diere vir hul drinkwater afhanklik is.

Dit is die munisipale bestuurder, as rekenpligte amptenaar, se plig om te verseker dat daar behoorlik weggedoen word met riool en vaste afval binne die raamwerk van die Nasionale Omgewingsbestuurswet.

Hierdie wet gee uitvoering aan artikel 24 van die Grondwet, die Handves van Regte, wat bepaal dat inwoners die reg het op ‘n omgewing wat nie skadelik is vir hul gesondheid of welstand nie.

Die feit dat personeel nie behoorlik bestuur word en infrastruktuur nie in stand gehou word nie, is ‘n direkte oorsaak van hierdie probleem.

Die rekenpligtige amptenaar en sy bestuur moet daarvoor verantwoordelik gehou word.

Die inwoners van Mafube verdien beter as die ANC.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.