Die VF Plus betreur die brand wat in die parlementsgeboue uitgebreek het.
Die brand by die parlement moet nie net gesien word asof dit ‘n plek is waar parlementslede vergader en debatte voer nie.
Die parlementêre kompleks huisves ‘n ryke geskiedenis in terme van geskrifte, skilderye, dokumente en vele meer.
Die biblioteek is ‘n nasionale skatkis van Suid-Afrika se geskiedenis. Sou dit verwoes word in die brand is dit ‘n geweldige verlies.
Die VF Plus sal later ‘n volledige verklaring uitreik wanneer meer duidelikheid oor die oorsaak en skade van die brand beskikbaar is.


