Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Verbruikers betaal duur vir brandstof weens regering se onbevoegdheid

Die buitengewoon hoë brandstofprys in Suid-Afrika is die gevolg van ‘n onbevoegde ANC-regering.

Die feit dat brandstofpryse met basies meer as ‘n rand per liter om middernag op 3 Oktober styg, is weens die buitensporige heffings wat die regering op brandstof plaas om die fiskus se koffers te vul om op te maak vir finansiële wanbestuur en korrupsie van die staat.

In Suid-Afrika se buurstaat Botswana is dieselfde brandstof aansienlik goedkoper omdat Botswana nie soveel heffings het as die Suid-Afrikaanse regering nie. Die Suid-Afrikaanse regering het ‘n finansiële krisis en die motoris word nou die melkkoei om op te maak vir hierdie finansiële verknorsing.

Om te skuil agter ‘n hoë olieprys en ‘n swak rand is nie genoegsame verskoning vir die hoë brandstofprys nie en dit word gebruik as ‘n rookskerm om die regering se onbevoegdheid te verbloem.

Wat die staat moet doen is om sy heffings te verminder sodat motoriste billik hanteer word en verbruikersbesteding kan daal. Die VF Plus stel die volgende stappe voor:

1. Skaf die Padongelukkefonds (POF) af.
2. Maak derdepartyversekering verpligtend.
3. Verminder brandstofbelasting (tans 38%).
4. Bestee brandstofheffings slegs op die instandhouding en uitbreiding van paaie.

Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.