fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Vaalrivier: VF Plus versoek dat nuwe tegnologie ondersoek word

Met die toenemende krisis wat die Vaalrivier weens besoedeling ondervind, is dit belangrik dat elke munisipaliteit alles in sy vermoë doen om natuurlike bronne te beskerm.

Die VF Plus het die munisipale bestuurder van Ngwathe-plaaslike munisipaliteit (Parys, Koppies, Heilbron), Bruce Kannemeyer, amptelik versoek om nuwe tegnologie te ondersoek wat reeds in Australië gebruik word om besoedeling meer effektief te bestuur.

Nette word by sommige Australiese stede en dorpe by die uitlaat, waar stormwaterpype in riviere en ander waterbronne vloei, gemonteer om swaar rommel vas te keer. Die nette kan maklik vervaardig word en die skoonmaak daarvan is eenvoudig.

Die VF Plus ag die stelsel as ‘n eenvoudige manier om vullis en swaar rommel uit die Vaalrivier te hou en kan met vrug by veral Parys aangewend word om die rivier skoon te hou.

Die VF Plus het ook in sy versoek aan die munisipale bestuurder gevra dat die munisipaliteit alles in sy vermoë doen om riool uit die rivier te hou. Die munisipaliteit kan nie bekostig om, soos in die geval van Emfuleni in Gauteng, rioolwerke tot so ‘n mate te laat verval dat dit tot ‘n omgewingskrisis lei nie.

Inwoners van Parys verdien ‘n munisipaliteit wat daartoe verbind is om die omgewing tot voordeel van inwoners te beskerm.

 

Kontaknommer: 082 380 0753

 

 

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.