fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Spoeg-en-plakbegroting, terwyl Mangaung-inwoners meer betaal

Die voorgestelde tariefverhogings vir inwoners van die Manguang-metro munisipaliteit is onrealisties en die VF Plus ag dit as ‘n manier om betalende inwoners meer te belas terwyl minder dienste gelewer word.

Die VF Plus het daarom nie die 2018/2019-begroting wat die uitvoerende burgemeester, Olly Mlamleli, Donderdag in die Mangaung-metroraad voorgelê het, gesteun nie.

Ingevolge die tariefverhogings wat deur die ANC voorgestel word, sal inwoners van Mangaung duurder betaal vir:

Mangaung se voorgestelde tariefverhogings en gevolglike geprojekteerde inkomste vir die nuwe finansiële jaar is nie haalbaar nie. Vuisvoos betalende inwoners kan nie alleen die finansiële las dra vir dienslewering wat buitendien nie gelewer sal word nie.

Betalende inwoners sien en ervaar nie beter dienste nie, maar die oorbesteding aan die salarisrekening vir amptenare neem toe. Die onderbesteding aan kritiese dienste in die metro behoort as bewys te dien dat amptenare nie hulle werk doen nie.

Die ANC in die Mangaung-metro munisipaliteit se spoeg-en-plakmetode om begrotings op te stel het hom ingehaal. Dit is onsinnig van die ANC om te verwag dat dieselfde begroting, met syfers wat plek-plek verskil, enige verandering sal bring in die toestand waarin die metro hom bevind.

‘n Begroting is nie ‘n wenslys nie. Dit moet realisties wees met werkbare planne wat inwoners se lewens verbeter. Die onlangse ingrype deur Nasionale Tesourie is bewys daarvan dat Mangaung nie sy finansies kan bestuur nie.

Die feit dat die Ouditeur-Generaal (OG) Mangaung in sy verslag van 2017/2018 bevind het daar was ongemagtigde besteding van R722 miljoen, is bewys daarvan dat die ANC nie in pas is met die realiteit van oorbesteding deur die metro nie terwyl dienste aan sy inwoners bloot nie gelewer word nie.

Intussen kan die metro nie sy ontwikkelingsdoelwitte, soos in die Mediumtermyn Inkomste- en Uitgawe-raamwerk vervat, behaal nie. Mangaung misluk ook om te spaar om lenings terug te betaal.

Daar is egter reeds meer as R141 miljoen bestee aan die beplanning van die N8 Lughawe-ontwikkelingsprojek, waarvoor nóg die OG, nóg inwoners, enige tasbare bewyse kan vind.

Die uitvoerende burgemeester, Olly Mlamleli, het ‘n verantwoordelikheid om ‘n politieke oorsig te lewer oor die finansies van Mangaung. Dit gebeur nie.

Die metro kan nie jaar na jaar dieselfde begroting gebruik, diensfooie verhoog, betalende inwoners aanhou belas met swak finansiële bestuur en verwag dat dienste sal verbeter nie.

 

Kontaknommer: 082 305 1540

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.