fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Sol Plaatje-plaaslike munisipaliteit: Burgemeester Matika bedank, hef aan lê voor, sê VF Plus

Die bedanking van die voormalige ANC-burgemeester van die Sol Plaatje-munisipaliteit in Kimberley, mnr. Mangaliso Matika, sluit 'n bepaalde hoofstuk af. Die vraag is hoe die nuwe burgemeester die stad se kragtariewe en die posisies van die munisipale bestuurder en finansiële hoof gaan hanteer.

Die protes in Kimberley het aanvanklik nie rondom Matika se kop losgebars nie, maar oor die herstrukturering van kragtariewe volgens 'n NERSA-voorskrif en die kommunikasie daarvan na inwoners.

Daar is beweer dat die finansiële hoof, me. Lydia Mahloko, 'n buitensporige bedrag op 'n onreëlmatige manier bestee het en dat die munisipale bestuurder, mnr. Goolam Akharwaray, aandadig daaraan was.

Protesgangers se eis was dat, indien Matika nié teen hulle optree nie, hyself afgedank moes word. "Voorkomende suspensie" hangende 'n onafhanklike ondersoek na die betrokke amptenare was vir die protesteerders onvoldoende en Matika was voortaan die teiken.

Met Matika se bedanking is dit nog nie duidelik hoe die kragtarief hanteer gaan word nie en die vraag kom na vore wat die gevolge sal wees indien die beskuldigde amptenare onskuldig bevind word. Die nuwe burgemeester sal hierdie probleme met 'n diep verdeelde raad moet aanpak.

Intussen herhaal die VF Plus sy standpunt sedert die begin van die protesaksie, dat die munisipale raad hom streng aan wetlike bepalings moet hou. Vrees vir 'n aggressiewe skare regverdig nie onreëlmatige en oorhaastige optrede nie; dit is die wese van die hofuitspraak verlede week toe die mosie van wantroue in Matika ter syde gestel is.

Die nuwe burgemeester, ongeag wie dit is, kan verwag dat die VF Plus 'n sterk, maar verantwoordelike opposisierol sal speel.

Kontaknommers: 074 166 5540

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.