fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Realiteit oor partye se beleid wys ‘n stem in 2019 sal tussen of die VF Plus of die ANC wees

Wat beleid aanbetref kan kiesers in 2019 vir alle praktiese doeleindes net òf ANC òf VF Plus stem, sê Jaco Mulder, leier van die VF Plus in Gauteng.

Mulder, wat Saterdag sy party se provinsiale partyraad in Meyerton toegespreek het, het verwys na die snel veranderende politieke landskap in Suid Afrika, die ontstaan van die ANC in 1912, die wegbreek van die PAC uit die ANC in 1957, die IVP in 1975, die UDM in 1998, Cope in 2008 en die EFF in 2013.

Hy het gesê dié partye is almal nog steeds deel van die politieke speelveld en verteenwoordig almal in wese die waardespektrum van die ANC terwyl die DA noodwendig nader aan die ANC-beleid beweeg het om sy steun verder te laat groei.

“Die VF Plus is die enigste party wat nog veg vir Christelike waardes, wat die regte van minderhede beskerm, die vryemarkstelsel bevorder en opstaan teen rasdiskriminerende wetgewing.

“Dit is tyd dat die korrupte ANC vervang word. Die VF Plus is gereed om in 2019 deel te word van ‘n veelpartyregering in Gauteng soos wat reeds die geval is in onder meer die metro’s in Johannesburg en Tshwane,” het Mulder gesê.

Kontakbesonderhede: 082 466 3786 / 062 391 1804

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.