fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Ouditeur-Generaal onttrek aan Emfuleni

‘n Voorval in Oktober 2018 waarin ’n personeellid van die Ouditeur-Generaal (OG) gewond is, het negatiewe gevolge vir die Emfuleni-munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) aangesien sy ouditverslag weens dié voorval nie betyds ingedien kon word nie.

Die OG moes noodgedwonge die ouditspan wat Emfuleni se sake behartig onttrek terwyl wetstoepassingsagentskappe die saak ondersoek. Die OG moet nou ingevolge wetgewing verslag doen aan die provinsiale wetgewer asook die parlement oor die aangeleentheid.

Die finansiële state van Emfuleni is aanvanklik op 31 Augustus 2018 aan die OG oorhandig en die OG se ouditverslag moes teen 30 November 2018 by die rekenpligtige beampte van Emfuleni ingedien word.

Die VF Plus is van mening dat die aanval op die personeellid van die OG gedoen is om die ouditproses te belemmer en dring daarop aan dat die ondersoek na die voorval as prioriteitsaak hanteer word sodat die oudit van Emfuleni se jaarverslag onverwyld voortgesit kan word.

Kontaknommer: 076 616 2124

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.