fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Mafube-munisipaliteit kan nie herstelwerk, aflewering van rekeninge bekostig nie – VF Plus-raadslid gryp self in

Die Mafube-plaaslike munisipaliteit kan nie klampe vir waterpype en posgeld vir munisipale rekeninge bekostig nie en daarom het hy besluit om self in te gryp, het Jan Oost, VF Plus-raadslid in die Mafube-plaaslike munisipaliteit wat Frankfort, Villiers, Cornelia en Tweeling insluit, gesê.

Volgens Oost is dele van Frankfort al langer as ‘n week sonder water omdat die munisipaliteit nie klampe vir die beskadigde waterpype kan bekostig nie. Hy het op sy eie onkoste die klampe gekoop en aan die munisipaliteit oorhandig om die nodige herstelwerk te doen.

Die watertoevoer behoort teen Vrydag, 24 Februarie herstel te wees.

Die munisipaliteit kan ook kwalik bekostig om hul rekeninge te druk en die Desember 2016- en Januarie 2017-rekeninge is steeds nie by verbruikers afgelewer nie omdat hulle nie die posgeld kan bekostig nie. Oost sê hy het al verskeie kere die kwessie onder die munisipale bestuurder se aandag gebring en eers nadat hy aangebied het om self die rekeninge te gaan aflewer het die munisipaliteit onderneem om met alternatiewe afleweringsmetodes vorendag te kom om die rekeninge by verbruikers te besorg. Die rekeninge is egter nog steeds nie afgelewer nie. Oost het onderneem om die spoedige aflewering van rekeninge ‘n prioriteit te maak.

"Raadslede word verkies om die gemeenskap te dien; kiesers plaas hul vertroue en belange in ons hande en ons moet hulle dien tot die beste van ons vermoëns," het Oost gesê.

"Ons moet dus druk op die munisipaliteit uitoefen om toe te sien dat behoorlike dienslewering geskied. Verbruikers is vuisvoos betaal en verdien om ten minste die mees basiese dienste te ontvang, daarom skroom die VF Plus nie om die gemeenskap op hierdie wyse te dien nie."

 

Kontakbesonderhede: 079 517 8059 / 072 997 8315

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.