Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Lekwa-Teemane-stadsraad (Christiana / Bloemhof) swakste in Noordwes

Die Lekwa-Teemane-stadsraad (Christiana / Bloemhof) is die swakte stadsraad in Noordwes het dit geblyk tydens ‘n besoek van die portefeuljekomitee vir plaaslike regering aan stadsrade in die provinsie, sê Hannes Schutte, VF Plus-LPW vir Noordwes.

Schutte sê die volgende het geblyk uit die komitee se besoek aan Lekwa-Teemane:

1. Al die senior poste (afdelings 56 en 57) word op ‘n tydelike grondslag beman met 33.3% van alle poste vakant.

2. Die poste van munisipale bestuurder, hoof van finansies en hoof van die tenderkomitee word beman deur amptenare van die departement van plaaslike regering. Volgens die Ouditeur-Generaal (OG) is die impak van hierdie amptenare beperk.

3. Die OG kon nie Lekwa-Teemane se finansiële state vir die laaste ses jaar oudit nie en die state is afgekeur. Daar is probeer om ‘n OG-aksieplan vir die stadsraad op te stel, maar slegs 42% van die bevindinge van die OG word in die plan behandel.

4. Jaarverslae word gereeld laat ingedien ten spyte daarvan dat van konsultante gebruik gemaak word om state en verslae op te stel. Daar is R13.8m in 2015/16 aan konsultante betaal. Dit is die grootste bedrag van al Noordwes se stadsrade.

5. Die munisipale openbare rekeninge-komitee is nie in staat of bevoeg om enigsins sy taak te verrig nie.

Schutte sê dit is duidelik hierdie ANC-beheerde stadsraad is onbevoeg en behoort sonder meer vervang te word.

Kontaknommers: 076 400 8132 / 079 838 6587

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.