fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Johannesburgse metropolisie slaan toe op mense wat geboue kaap

Die VF Plus ondersteun Johannesburg-metro se klopjag-operasies om gekaapte geboue aan regmatige eienaars terug te besorg, sê Franco de Lange, VF Plus raadslid in die Johannesburg metroraad en wat deel is van die veelparty regering.

“Die afgelope naweek is ‘n buitelander (Etiopiese burger) in hegtenis geneem in verband met die onwettige kaping van ‘n gebou (Rissikstraat 63) in Johannesburg. Amptenare van City Power het die gebou deursoek nadat hulle inligting van ‘n onwettige elektrisiteit-koppeling ontvang het.

“Hierdie is nog een van die 164 bevestigde gekaapte geboue in die middestad. Die afgelope drie maande is ses vermeende kapers gearresteer en ‘n sindikaat -baasbrein en sy makkers is in hegtenis geneem. Hulle is reeds gevonnis.

“Die VF Plus is tevrede dat die polisie op misdadigers toeslaan. So kan die middestad weer aantreklik vir beleggers gemaak word.

“Daar is ook groot kommersiële fabriek-potensiaal aan die oostekant van die stad wat kan help om die ekonomie te stimuleer indien die gebied behoorlik opgeknap word en ‘n daadwerklike poging aangewend word om publiek se veiligheid te verseker,” sê De Lange.

Kontaknommer: 082 358 3882

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.