Die VF Plus het die optrede van MBD Credit Solutions, ‘n afgedankte diensverskaffer van die Emfuleni-munisipaliteit, veroordeel nadat hul werknemers die munisipaliteit se kantore binnegegaan en amptenare gedreig het. Hulle het ook geboue en toerusting beskadig.
Dié onbehoorlike optrede van werkernemers van MBD Credit Solotions het veroorsaak dat inwoners nie die kliëntedienssentrum of inkomste-afdeling kon besoek nie. Selfs die kantore van die VF Plus wat in een van die drie munisipale geboue is, moes dringend ontruim word.
Hier is nog ‘n voorbeeld van die Emfuleni-stadsraad wat Vereeniging, Vanderbijlpark, Evaton, Sharpville en Sebokeng bedien, se onvermoë om die munisipaliteit effektief te bestuur. Buiten die honderde inwoners wat hul rekeninge wou betaal, maar onverrigte sake moes omdraai, is personeel getraumatiseerd en kon geen werk verrig nie.
MDB Credit Solutions se kontrak is in Julie vanjaar beëindig nadat onreëlmatighede in hul werksaamhede gevind is. Werknemers van dié maatskappy is in die inkomstekantore gehuisves. Om die oorbrugging te vergemaklik is ooreengekom dat die diensverskaffer aan einde van Oktober die munisipale kantore moet ontruim. Die inkomstekantore se personeel sal nou self die diens behartig.
Terwyl sekuriteitsbeamptes besig was om die situasie onder beheer te bring, het werkers van die afdeling vir vullisverwydering munisipale kantore wat in die OK-gebou gehuisves word, binnegestorm. Kort daarna is alle munisipale personeel huis toe gestuur.
Dit is duidelik dat die ANC-beheerde raad wat vir die chaos verantwoordelik is, nie die orde sal kan herstel nie. ‘n Verandering van regering is van kardinale belang in Gauteng om die provinsie van totale ondergang te red.
Die VF Plus doen ‘n beroep op kiesers om in die komende verkiesing vir ‘n party soos die VF Plus te stem wat inwoners se belange eerste sal stel. Dit is nou of nooit.
Kontaknommer: 076 616 2124